Welkom by Ritmies
waar jy jou Ritme vind
Ritmies is ’n leefstylplatform wat jou nooi om stadiger asem te haal, die mooi in die alledaagse raak te sien en met groter doel te leef. Hier vier ons beweging, balans, kreatiwiteit en egtheid.
Ettiene Marais
Motiveringspreker | Leefstyl Mentor | Ritme & BalansGeeswa – Buite Uitsaaieenheid
Ritmies met Ettiene Geeswa is ’n dinamiese, mobiele buite-uitsaaieenheid wat jou geleentheid laat lééf en klink soos ’n ware radiostasie op wiele.
Die Geeswa bedien sportbyeenkomste, feeste, skoue, basaars, kermisse, fondsinsamelings en enige samekoms waar mense bymekaarkom om iets besonders te vier.
Hierdie unieke konsep bring ’n volledige radiostasie na jou perseel – met jou event se naam op die lug. ’n Professionele omroeper met sowat 35 jaar se ondervinding sorg vir vlot aankondigings, lewendige onderhoude, energieke interaksie en keurige musiek wat deurgaans die regte atmosfeer skep.
Daarbenewens is daar advertensiespasie beskikbaar vir borge en adverteerders, wat waardevolle blootstelling bied terwyl dit terselfdertyd bydra tot die sukses van die geleentheid. Ritmies met Ettiene Geeswa is meer as net klank – dit is ’n ervaring wat jou funksie ritme, energie en ’n professionele aanslag gee.
Motivering. Leierskap. Inspirasie.
Met meer as 35 jaar se ondervinding bring Ettiene dinamiese en energievolle motiveringspraatjies na skole, kerke, leierskapsgeleenthede, manne- en vrouebyeenkomste en gemeenskapsfunksies.
As voormalige Kolonel in die SA Polisiediens met 20 jaar diens, Captain Crime Stop en betrokke by Social Crime Prevention projekte, praat hy uit eerstehandse ervaring oor leierskap, dissipline, spanwerk en persoonlike groei.
Sy humoristiese styl, praktiese insigte en passie vir mense maak elke aanbieding ’n onvergeetlike belewenis. Ritmies met Ettiene inspireer, bemagtig en motiveer mense om hul volle potensiaal te bereik.
Mentor en Leefstylafrigter
Met 20 jaar se ondervinding as lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en sedert 1992 as predikant, bring Ettiene ’n unieke kombinasie van praktiese lewenservaring, geestelike insig en mensgerigte begeleiding.
Hy fasiliteer onder andere:
- Voorhuwelikse kursusse
- Huweliksverryking
- Wanneer jou kinders jou gelyke raak
- Wat nou ná aftrede?
- Vind jou ritme
Ettiene glo dat ware vervulling begin by ritme — ritme met jouself, met God, met jou familie, jou passie en doel, en met ander mense.
Hy bied ook een-tot-een begeleiding aan vir persone wat persoonlike ondersteuning en gefokusde begeleiding benodig.
Ritmies Uitreike
Ritmies Uitreike reik gereeld uit na gemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede soos die Karoo, Boesmanland, die Kalahari en die Vrystaat.
Kosprodukte, tweedehandse bande, skoonmaakmiddels en selfs dierevoer word gratis versprei aan dié wat dit die nodigste het. Maar ons bring nie net hulp nie — ons bring hoop.
Ons kuier om die vuur en om kombuistafels, luister na hartstories, bid saam en deel die liefde van God.
Raak deel en help ons om aan te hou help.
Ettiene & Linette Marais
Wes-Kaap
Email: ettiene@ritmies.com
Willem & Monique van der Merwe
Noord-Kaap
Email: monique@ritmies.com
Jenny & Arno
Wes-Kaap
Email: jenny@ritmies.com
Geborg deur: